Popular Posts

Friday, 6 November 2015

Gratis aanlyn skryfkursus


Welkom by GAROB MEDIA se gratis aanlyn skryfkursus vir beginners. In die volgende ag modules gaan ons deur verskillende aspekte van Kreatiewe Skryfkuns werk. Ons sal ten sterkste aanbeveel dat u die oefeninge wat deur die loop van die kursus aangebied word sal doen. Moet ook nie huiwer om vra te vra oor die werk wat behandel word nie.
Die kursus sal in die vorm van ag artikels hier op ONDER DIE DORINGBOOM aangebied word. Om vra te vra of opmerkings te laat volg die instruksies onder die “Comment” hofie of gaan die Faceboek blad:  https://www.facebook.com/groups/912540885489512/
LET WEL: Hierdie is n intree vlak kursus. Dit beteken nie dat dit in enige vorm ondergekik is of dat u nie iets daaruit sal leer nie. Wat dit wel beteken is dat u na afloop hiervan n basis sal hê om vanaf te beweeg. Sekere deelnemers mag dalk voel dat hulle genoegsaam iets geleer het en nie verdere onderrig benodig nie, terwyl ander weer voel dat hulle meer wil leer. Vir laasgenoemde bied GAROB MEDIA verkeie opsies aan. Voel dus vry om na afloop van die kursus met ons in verbinding te tree vir meer moontlikhede. Lees ook die artikel;
Module 1
Kreatiewe handelinge
Wat is kreatiwiteit? Volgens die HAT kan kreatiwiteit kort opgesom word as die vermoë om iets uit niks te skep. Hierdie omskrywing is dalk n erge veralgemening van ʼn baie meer komplekse gedagte. Descartes het die bekende woorde “I think therefore I am” geuiter. Ons kan daarop uitbou en moontlik sê dat I think therefore I am and therefore I create. Om dus te kan skep moet ons dink en om te dink moet ons wees. Sommige mense sal hulle denke deur gesproke woorde uiter, ander weer deur middel van beeldhou of skilder en ander deur die geskrewe woord, hetsy in die vorm van n gedig, n roman of dalk n kortverhaal.
In die geval van die skrywer kan die kreatiewe handeling met die volgende voorbeeld uiteengesit word;
Tydens n donderstorm slaan die weerlig n boom raak naby jou...
Die gebeurtenis word ervaar dmv sintuie. Hoor die klap, sien die weerligstraal, voel die statiese elektisiteit...
Alles wat deur die sintuie ervaar en waargeneem is word in die brein verwerk
n Gedagte begin vorm aanneem
Die kreatiewe denke neem oor en omvorm die gedagte na iets unieks
Die unieke gedagte wat tydens die kreatiewe proses gevorm is kry gestalte in die geskrewe woord
Text Box: NOTA
Dit is baie belangrik vir elke skrywer om altyd n notaboek of enige ander vorm of instrument byderhand te hê vir aantekeninge. Ek vind die “voice recorder” op my selfoon baie nuttig om gedagtes op te neem of om omgewings beskrywings op te doen. 
Die proses soos hierbo voorgestel is natuurlik vir elke skrywer verskillend. Daar sal sekere onder ons wees wat vir dae lank met n gedagte rondloop voor dit vorm aanneem in die geskrewe woord en ook die teenoorgestelde. Uiteraard sal daar n tyd kom wanneer elke skrywer vir lang tye loop en nadink oor sekere karakters, die storielyn en dies meer. Op hierdie stadium van die kursus is dit egter vir my belangrik om die kreatiewe proses aan die gang te sit. Vir daardie doel sal ons nou die eerste skryf oefening aanpak.
Oefening 1
Skryf in nie meer as vyftig woorde die eerste gedagte wat in u gedagtes opkom met die lees van elk van die volgende drie sinne.
  1. Die hond blaf dringend terwyl dit in die leë gang af kyk.
  2. En toe begin sy huil...
  3. Daar is beswaarlik een glas wyn oor in die bottel
Kyk weer na die proses soos dit hierbo uiteengesit is. Die eerste taak van die skrywer is om dit wat hy/sy sien of beleef in die brein “op te neem”. Hierdie onverwerkte materiaal word dan deur die kreatiewe proses omskep tot woorde wat uiteindelik op die papier opeindig. Sodra hierdie aksie plaasvind kan daar nou gepraat word van n konsep-teks (first draft). Die konsep-teks kan anders ook gestel word as n rofwerk uitleg van die uiteindelike kortverhaal of roman.
Op hierdie stadium wil ek by die volgende stelling wat gereeld deur voornemende skrywers geuiter word stilstaan;
“Al die reëls en skryfkonvensies inhibeer my kreatiewe proses. Ek wil net kreatief wees...”
Die geheim van n goeie skrywer is om die balans te vind tussen die kreatiewe proses en die konvensionele proses van die vakman. As n voorbeeld wil ek hier n bietjie buite die skryf milieu beweeg en kyk na een van die wêreld se bekendste impressionistiese skilders, Claude Monet.
                                      
Die reeks bekend as Haystacks (1890 – 1891) bekyk Monet die invloed van lig. Die skildery aan die linkerkant word die effek van lig ondersoek aan die einde van somer en die skildery aan die regterkant word die effek van lig ondersoek teen sonsonder met ligte sneeu. Wat leer ons uit hierdie voorbeelde?
  1. Die skilder het “iets” beleef en deur middel van verskeie sintuie dit ingeneem.
  2. Dit wat deur die sintuie ervaar en waargeneem is, is in die brein verwerk en onderhewig aan die kreatiewe proses tot moontlike beelde verwerk.
  3. Die beelde is uiteindelik op doek vasgelê en het tot die skepping van meesterstukke aanleiding gegee.
Om nou terug te keer na die stelling hierbo;
Sou die skepping van hierdie meesterstukke moontlik wees slegs deur die kreatiewe proses?
Moes die skilder (Monet) beskik oor ʼn sekere hoeveelhed kennis t.o.v. sy vakgebied om die skepping moontlik te maak?
U sal nou saamstem dat kreatiwiteit, alhoewel ʼn belangrike komponent, nie genoeg sou wees om die skepping van die meesterstukke tot gevolg te hê nie. Opsommend kan ons dan sê dat n goeie skrywer ʼn persoon is wat ʼn kombinasie en balans het tussen kreatiewe denke en deeglike vakmanskap.
Vir wie wil ek skryf?
Almal kan skryf. Die vraag natuurlik is of dit wat ek skryf en die manier wat ek dit skryf “geskik” is vir die lesers daarbuite? Die meeste van ons het die een of ander tyd in ons lewe n dagboek bygehou. Die doel natuurlik om eie en privaat denke vas te lê en tot n mate te verewig. Die meeste dagboeke sal dan ook geskryf word in ʼn eie en unieke styl wat nie noodwendig geskik sal wees vir n “lesers publiek” nie.
Teenoor die dagboek staan natuurlik die geskrifte wat doelgerig geskryf word vir ʼn weier publiek. Hierdie tipe geskrifte word uiteraard onderwerp aan sekere konvensies en strukture. ʼn Belangrike verskil tussen ʼn dagboek skryf en ʼn teks voorberei vir n publieke leser is dat in die geval van die dagboek die skrywer en die leser in die meeste gevalle dieselfde persoon is. Dit beteken dat die leser die dagboek meerendeels gebruik om beelde wat reeds binne sy of haar verwysingsraamwerk bestaan te herroep. In die geval van die publieke teks is dit glad nie die geval nie. Die skrywer moet die beeld in woorde aan die leser voorstel. Nie net moet die beeld so voorgestel word dat die leser dit letterlik kan ‘ervaar’ nie, daar is ook ʼn paar ander vereistes waaraan so n teks moet voldoen;
  1. Die skrywer moet doelgerig vir ʼn spesieke leser skryf. (Liefdesverhaal, spanningverhaal, speurverhaal, kinderstorie...)
  2. Die teks moet estetiese waarde hê.
  3. Die skrywer moet deur die gebruik van woorde die leser boei tot die storie, hom of haar letterlik binne in die teks intrek.
  4. Taalgebruik moet binne die spesifieke norm val
Daar is uiteraard verskeie ander fassette van die teks wat op n latere stadium meer in detail bekyk sal word.
Wat aangaande die kreatiewe denke is dit wat volgens jou die potensiële leser sal interesseer? Spreek die denke n universele waarheid aan of n gemeenskaplike ondervinding? Laat dit jou lag of huil? Suggereer dit n roman wat oor die verloop van 65000 woorde en meer die verhaal vertel of eerder n kortverhaal wat binne die bestek van n paar honderd woorde die verhaal wil deel?
Oefening 2.
2.1. In 50 woorde of minder skryf hoekom u wil skryf.
2.2. Loop deur u woonstel/huis, tuin, die plaaslike winkelsentrum, die straat waarin u woon of n restaurant en skryf ten minste drie kreatiewe gedagtes neer wat u ondervind. (50 woorde elk)
Oefening 3
3.1. Neem een van die gedagtes in 2.2. en skryf 20 losstaande woorde neer. Hierdie woorde moet spesifiek relevant tot die gedagte wees. (LW Nie sinne nie. Losstaande woorde)
3.2. Sodra u die 20 woorde neergeskryf het, gebruik dit om n gedig van ten minste 16 reëls te skryf. (Enige digvorm kan gebruik word)
3.3. Neem nou dieselfde 20 woorde en skryf n kortverhaal van nie meer as 300 woorde nie. Die korterhaal moet elkeen van die 20 woorde bevat.
Watter deel van Oefening 3 was die “maklikste” vir u?

In module 2 sal daar gekyk word na die “Kortverhaal teenoor die Roman”
Neem gerus deel aan die bespreking op die Faceboek blad: https://www.facebook.com/groups/912540885489512/
U kan ook kortverhale sowel as gedigte op die Faceboek blad plaas. Positiewe kritiek bly steeds een van die beste leerskole.
Module 2 sal op 13 November 2015 geplaas word.